WILDSPLAAS
Uiters interesante wildsplaas met wye verskeidenheid bosveld bome en veldsoorte, 'n menigte droe en seisonale lope. Die plaas is gegolf met 'n derde rantjies en koppies, hoofsaaklik sand en sandleem grond waarvan die meerderheid soetveld is. Die grasbedekking is goed en die plaas is nie oorbewei of oorbebos nie, met baie wild en kleinwild.
Netjiese dubbelverdieping plaaswoning met luukse lodge geskik vir buitelandse jagters, lapa, braai- en ontspanningsarea. Die hoofhuis het 4 slaapkamers, 2 en 'n half badkamers, studeerkamer, sitkamer, eetkamer, kombuis en swembad. 2 Chalets, elk met 2 slaapkamers, 2 en-suite badkamers, leef- en braai area. Nog 2 chalets, elk met 2 slaapkamers, 1 badkamer en onthaalarea.
Werkershuise, 1x4 slaaplkamer, ou skoolgebou wat as voerstoor gebruik word, nog 2 werkershuise.
Die plaas is in 'n BK en ledebelange kan oorgekoop word. Die plaas is ook vir BTW geregistreer.
Bome: Hardekool, Tambotie, Rooibos, Blinkblaar, Maroela, Kierieklapper, Raasblaar, Huilboom, Katjiepiering, meeste Akasia soorte en vele meer kom regoor die plaas voor.
Wild: Koedoe, Rooibok, Njala en vele ander wild is ingesluit by die prys.
Water: 2 boorgate met dompelpompe toegerus, 2 met sonpompe toegerus, en 5e boorgat nie toegerus nie, waarvan onderskeidelik 2500, 1500 liter per uur lewering is, asook 1200 en 2500 liter per dag lewering is. 2 wildteelkampe elk met suipings, asook 4 waterkrippe in die oop plaas.
Eskom: 1x 25kW KVA
Features
Exterior
Sizes
Thabazimbi Rural, Thabazimbi
Get Email Alerts
Sign-up and receive Property Email Alerts of Farms for sale in Thabazimbi Rural, Thabazimbi.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the RealNet Properties website is accurate and up to date, RealNet Properties makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.